Die immergewilde Steve Hofmeyr se 30ste album, Skree wat onlangs uitgereik is, maak weereens van daardie baie gewilde narratiewe aanslag gebruik waarmee hy jare gelede reeds die harte van soveel aanhangers gewen het. Dié uitreiking word deur ’n roemryke loopbaan voorafgegaan waarin daar reeds meer as 2 miljoen van sy albums verkoop is en sowat 200 van die liedjies uit sy pen opgeneem is.
Hierdie Suid-Afrikaanse superster met sy growwe stem en unieke sin vir humor het deur die jare heen vir sy nostalgiese huldeblyke, pittige sêgoed en sterk sosiale kommentaar bekendheid verwerf.
Continue reading…