Die musiekkroonprins van Moepelfontein is hier en het oor die naweek Pretoria se grootste kuierplek – Weiveld – op horings geneem met sy splinternuwe beat uit die BOON-ste rakke!
Dié hoogsvermaaklike kunstenaar het op 13 Julie 2018 sy eerste amptelike buiging op die Gautengse musiekverhoog gemaak tydens die bekendstelling van Weiveld se amptelike nuwe temalied, Weiveld Click, wat die gehoor en media ewe gaande gehad het en dit het beslis oor meer as net sy interessante uitrusting – ’n lieflike bontspul wat afgerond is met ’n kroon en superheldmantel – gegaan!
Hierdie enkelsnit, wat onmiddellik die aandag trek met spitsvondige tong-in-die-kies-lirieke en ’n polsende lekkerluisterwysie, is net na die sanger, Jay, se konsert vir die eerste keer met die publiek gedeel.
Die liedjie het, soos ’n waffers Amerikaanse kletsrymgedoente, afgeskop op die rooitapyt – met ’n goue konfetti-ontploffing, flitsende kameras, lyfwagte en danser
Continue reading…