Neil du Preez is in 1984 in Suid-Afrika; Rustenburg, Noordwes gebore. Hy matrikuleer aan Hoërskool Grenswag in 2003. Nëil het op ‘n vroeë ouderdom begin sing en as Kleuter het hy ure lank homself, familie en vriende vermaak. Op 5 jarige ouderdom het hy sy heel eerste talent kompetisie by Loskopdam Aventura Oord gewen.
Op skool het Nëil verskeie A+ Diplomas in Eisteddfods gewen en het ook aan verskeie musiekblyspele, kore en revues deelgeneem waarvan hy Solo’s gesing het. Op negejarige ouderdom het Neil en sy broer Johan, tans sy bestuurder, saam opgetree en gehore vermaak. Hul het bekendheid verwerf met hul album “Ons Bring Hulde” wat einde Junie 1993 vrygestel is.
Hul was ook deel van “Simeon en Tjommies” en het saam met Sonja Heroldt en Simeon Hamman getoer en opgetree. In 1997 nader die kulkunstenaar Chester hul om saam met hom vertonings te doen en staan hul bekend as “The New Generations”. In di
Continue reading…