Anton Goosen het ‘n lang pad gestap vandat hy as student per trein gereis het van Heidelberg waar hy studeer het, na Oos-Londen om ‘n 15-minute set te doen by ‘n plaaslike verskeidenheidskonsert.
Die jong Anton Goosen het hoofsaaklik Engelse covers gespeel en dit is nie bekend of enigeen in die gehoor besef het watter impak Anton op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in die algemeen en meer spesifiek die Afrikaanse musiekbedryf gaan hê nie.Daar was sekerlik skeptici.
Reeds in std. 9 het ‘n skoolsielkundige vir hom gesê dat daar geen toekoms vir hom in musiek is nie. Dit was na hy op skool begin musiek speel het, sterk beinvloed deur liedjies soos Johnny B. Goode van Chuck Berry, I can’t get no (satisfaction) van die Rolling Stones en She loves you van die Beatles.